|
AGTERTREKKERS
OK, (en net daar is die taalbroek reeds op sy skoene) hier gaat ek - soos die oumense geseg het, een maal 'n wors, altyd gestop. Hierdie selle oumense moet asseblief al die "jy's" en "jou's" as "u", "oom" of "tannie" lees. Soos in "Oom kan ek ook 'n stukkie van oom se biltong kry, asseblief oom."* Jy moet besef die huis hierbo is in 1806 rond gebou, neef.
Tensy jy in plekke soos Hangtiet, Gharies of Riemvasmaak groot geword het, behoort jy genoeg Ingels te verstaan ten einde daai gedeeltes van hierdie webwerf** te verstaan. Ek gaan dus nie, soos ek vir die Duitsters gedoen het, detail betreffende verblyf, pret, die koerant ens. herhaal in eie taal nie. Hulle verstaan niks nie (ek hoop so anders is dit seker die einde van my sakgeld). In elke geval jou taal sal so deurspek wees van allerhande Gautingse rooiwoorde dat dit nie regtig saak maak of jy verstaan of nie solank die konsep van betaal en syfers in jou ingeburger is. Indien nie, sal ek met pen, papier en woeste gebaar verduidelik. Maar my pond vleis sal ek kry selfs al kom jy van Hangtiet, Gharies of Riemvasmaak. Hulle het juis nou die dag naby Pofadder 'n Hangtieter in 'n lokval gevang, met 'n klomp perlemoen, diamante en 'n meisie. Al wat niemand kon uitfigure nie - waar kry die Hangtieter die meisie vandaan?
HOENDERTANNE
In Graaff-Reinet is Afrikaans so skaars soos hoendervere.*** Vra byvoorbeeld vir 'n withond en jy sal gou weet dat die hond nòg wit is nóg hond is en dat jy effe snaaks begin voel. Jy kan navrae by die Reinet-huis doen. En in die bottelstoor kan jy vra vir witblits of hardehout en niemand sal jou aankyk asof jy by 'n vulstasie kunsmis wil koop nie (hoewel dit my nie sal verras as mense sulke goeters en kondome ook deesdae daar kan koop nie).
SPELFOUTE
Dis hierdie komper met sy Amerikaanse gewoontes. My vrind Willem Hekke en sy Vensters monopolie. En voor jy iets te seg het vertel my wat is "Enter" in Afrikaans (of wie Bok van Blerk is).
|
|
|
SPANDAUKOP & VALLEY OF DESOLATION****
|
|
*VOETNOOT: My ma praat so en die Liewevader behoede jou as daar minder as twee "ma's" in een sin is.
** 'n Woord wat slegs in die Afrikaanse Hustler gebruik word - so hoor ek want ek lees nie vuil boekies nie. In elke geval nie waar ek gevang kan word nie.
***Jy kan dus, tensy jy van daardie gedeeltes in die land kom waar mense maak of hulle Engels is al is die so duidelik soos gister heeldag (selfs vir iemand van Gharies) dat hulle nie is nie, jou Afrikaans vrylik oefen.
**** Sorry, konnie die Ingels help nie. Vir diegene van Gharies, dit beteken "vallei van verlatenheid" (soos alles daar by julle is dit 'n dorre, ongenaakbare plek vol Amalakiete).
|
|
|